Share Andre Schwartz on Computicket ANDRE SCHWARTZ REIK SPLINTERNUWE ENKELSNIT UIT "... maar ek het dit nooit verwag, want hier staan e…
Andre Schwartz

Andre Schwartz

event information

Event Type: Music, Afrikaans

ANDRE SCHWARTZ REIK SPLINTERNUWE ENKELSNIT UIT

"... maar ek het dit nooit verwag, want hier staan ek weer. Dans dieselfde dans, maar voel soveel meer. Kry `n tweede kans op `n eerste keer met jou. Die eerste keer met jou ..." is maar net `n paar treffende lirieke uit die splinternuwe enkelsnit, TWEEDE KANS, deur een van Suid-Afrika se mees veelsydige kunstenaars, wat nie net spog met `n moderne en unieke klank nie, maar beloof om by gehore van alle ouderdomme aanklank te vind. Andre Schwartz is beslis een van die grootste supersterre wat die plaaslike vermaakbedryf nog oor die afgelope paar dekades opgelewer het. Nie net slaan hy asems weg as bekroonde sanger, liedjieskrywer en verhoogkunstenaar nie, maar beindruk ook as akteur (Sterlopers, 7de Laan) en televisieaanbieder. Hy besit verder sy eie bemarkingsmaatskappy, Andre Schwartz Marketing, wat met groot korporatiewe kliente werk en is `n perfeksionis wat `n sukses maak van alles wat hy aanpak. Daarom is dit geen verrassing dat sy nuutste musiekvrystelling nie net sy bestaande reputasie gestand doen nie, maar eintlik sy wenresep oortref! TWEEDE KANS, kan beskryf word as `n popsnit met `n volwasse kontemporere aanslag en vertel hoeveel dit vir jouself, en iemand anders, kan beteken wanneer jy bereid is om tweede kanse te gee. "Ek het met TWEEDE KANS gesoek om balans te kry tussen musiek en liriek wat saam praat. Die hoofdoel is egter om weer te begin konserthou. Dis iets wat ek baie afgeskeep het, maar waaroor ek baie opgewonde is omdat ek soveel nuwe dinge het om met gehore te deel," gesels hy. "Wanneer een deur toegaan, maak God `n venster oop en ons moet dit raaksien en aangryp as `n tweede kans," voeg hy by. Hierdie treffer kan binnekort oor die radio gehoor word en is aanlyn beskikbaar op iTunes en Joox (kode: AndreSchwartz). Daar is ook `n musiekvideo in die pyplyn wat later uitgereik word.Andre Schwartz is dinamiet of die verhoog En die man wat die Andrew Lloyd Webber se stempel van goedkeuring dra!

Die man se stem is iets besonders en hy verstaan van konsert hou - sy verhoogspersoonlikheid is magneties - hy dra immers die Andrew Lloyd Webber stempel van goedkeuring.

Sy vertoning is n belewenis van nostalgie, treffers, styl, humor , ongelooflike verhoogspersoonlikheid en uitmuntende sang - hy gee nie konsert nie, hy kuier saam met sy gehoor! Hy sings se eie treffers, liedjies uit musiekblyspele, Big Band swing en dan skuif hy agter die klavier in en sing ook n paar beminde liedjies.

Om elke merkie op Andre se kerfstok van sukses te noem, sal jy n hele oerwoud se bome benodig.

Hy het al 13 solo CD`s die lig laat sien, waarvan vele goue status bereik het.
Hulle wissel van tradisioneel Afrikaans, Musiekblyspele tot Big Band.

Andre het gehore in ekstase gehad met sy uitmuntunde vertolking van die titelrol in die musiekblyspel The Phantom of the Opera. Daar was internationaal sprake dat hy een van die beste Phantoms ter werld was. Hy het menigte toekennings ingepalm vir hierdie rol. Ander hoofrolle sluit in: Joseph and the Amazing Technicolour dreamcoat en Jesus Christ Superstar en onlangs Captain von Trap in The Sound of Music.

Andre se nuutste enkelsnit "Tweede Kans" is onlangs vrygestel. Die snit het `n lekker ritme. Mense geniet intergriteit en daar is `n integrale integriteit hierin wat luisteraars van alle ouderdomme gaan intrek.

Geen gehoor stap onaangeraak uit na n Andre Schwartz belewenis.


This event is taking place at more than one venue. Please select the venue you would like to book for.



HIGHLIGHTED EVENTS



Computicket - The ticket you can trust

Call us on 0861 915 8000 (charged at 65c per minute). Technical Support on 011 340 8000 (standard rates apply).
FIND
view