Share Die Melktert Kommissie Live on Computicket Na `n baie lang afwesigheid van die verhoog het Die Melktert Kommisse besluit om weer hul voete op d…
Die Melktert Kommissie Live - Pretoria

Die Melktert Kommissie Live

event information

Event Type: Music, Afrikaans

Na `n baie lang afwesigheid van die verhoog het Die Melktert Kommisse besluit om weer hul voete op die verhoog te waag!
Die Melktert Kommissie is `n 4-stuk Afrikaanse rock band, oorspronklik van Jeffeysbaai en bestaan uit Lucinda Rosa Neethling (Lead vocals en acoustic guitar), Jean Marie Korff (Electric guitar en backing vocals), Tim van der Westhuizen (Bass guitar) en Jan-Adriaan Korff (Drums en backing vocals). Die band het in 2002 bymekaar gekom vir die eerste Rockspaaider kompetisie wat hul gewen het.
Hul eerste CD "Volroom" is in Junie 2003 opgeneem en later daardie jaar vrygestel. In April 2005 het hulle besluit om "Die Melktert Kommissie" as "n professie op te neem en om voltyds te toer en bemark en het selfs "n draai in Londen gaan maak. Daar was twee musiekvideos gemaak van snitte op die album naamlik: Tiener en Sticks and Stones.
Die tweede album, "Wonderwoorde" was in November 2005 opgeneem en vroeg in 2006 vrygestel. Die ontvangs van die nuwe album was baie goed deur die publiek sowel as die media. Hulle het die land platgetoer en rekord verkope gehad. Drie musiekvideos van snitte op die album het gevolg: Hier`s ek weer, My engel en Proudly South African.
Nominasies na Wonderwoorde se vrystelling sluit in `n Kanna nominasie vir hul "Wonderwoorde" produksie by KKNK en by die MK Awards vir Beste Rock Groep. Middel 2007 het Die Melktert Kommissie hul derde album "Vergewe en Vergeet" opgeneem. Twee musiek videos Mr Jealousy en Pronk is vanaf die album gemaak. Die snit Pronk is ook gebruik op die klankbaan vir die Afrikaanse film, "Bakgat!".
Aan die einde van 2009 het DMK hul vertonings begin afskaal voordat hulle aangekondig het dat die groep `n break gaan neem. Drie van die lede woon tans in Kaapstad terwyl een nog in die Jakarandastad woon.


Ticket price
R170
R170.00
Start time
20h00
Delivery Options
Print at home
Ticket Collection
Box office for ticket collections opens 1 hour before start of show. However to avoid queues, please collect your tickets at any Computicket store or at any Shoprite, Checkers, Checkers Hyper, House and Home or at selected OK Furniture and Usave stores. Credit cards used to make the booking must be presented when collecting the tickets.

Doors open
19h15
19h15
Artists
Lucinda Rosa Neethling, Jean Marie Korff, Tim van der Westhuizen and Jan-adriaan Korff

Duration
1 h 50 min
1 hour 50 minutes, including 20 minute interval.
Parking
Ample secure parking available at the venue.



HIGHLIGHTED EVENTS



Computicket - The ticket you can trust

Call us on 0861 915 8000 (charged at 65c per minute). Technical Support on 011 340 8000 (standard rates apply).
FIND
view